Met God in die Veld

Ag, gee my tog die veld,
Die wye, wilde veld,
Waar son en reen mekaar nog veg,
En ek die Heer se werk ontdek.
Tensy die stryd, daar’s vrede.
 
Ag, gee my tog die veld,
Die blye, wilde veld,
Waar lenteblomme jaarliks bloei
Met kleur en geur vir my so mooi.
Al is hul blind, Hy sien my.
 
Ag, gee my tog die veld,
Die dorre, dowe veld,
Waar blaartjies saggies fluister nog.
Ek bid aleen – Hy hoor my tog,
Al is hul doof, Hy luister.
 
Ag, gee my tog die veld,
Die droe, doeie veld,
Met sand en klippies, lelik bruin;
Niks wandel in die dors woestyn.
Al is hul dood, Hy lewe.
 
September 1965

Clanwilliam, after finding Louis Leipoldt’s grave in the Pakhuis Pass.